Ek speel so bietjie met ons verniet internet site. Die eintlike idee is om fotos hierop te plaas sodat ons dit nie hoef te mail nie. Kliek op die Fotos links en miskien sal daar die nuutste fotos van ons wees.
Ons het nou net 2 maande se familie hier gehad. Eers Ma Marie, toe Ds. Manie en sy vrou Ronel. Daarna was my ma hulle hier en nig Lisa van die Kaap. Dit was regtig wonderlik en het ons so bietjie meer laar tuisvoel.
Die weer was tot en met n week terug nog warm vir Duitsland +10grade. Maar eers het n orkaan ons getref en twee dae terug het dit begin sneeu. Dit is oral wit en nou so -7 tot -12 in die aande.